Dessert Camp

SOSSUSVLEI DESERT CAMP

Baie spesiale selfsorg-lodge naby Sossusvlei in Namibië.

 

 STUUR E-POS

TUISBLAD
ENGLISH
Tel: +27 (0) 21 855 0395

ANDER NAMIBIE HOTELLE PRYS EN BESPREKINGS ANDER SOSSUSVLEI LODGE
Sossusvlei-desert-camp
 

Ontdek die barre skoonheid van die Namibwoestyn by Sossusvlei – bekend vir skouspelagtige reuse sandduine.

Sossusvlei Desert Camp naby Sesriem in Namibië bied selfsorg-verblyf en is ‘n sakpas-opsie vir ‘n gesinsvakansie in Namibië.
Sossusvlei Desert Camp bied aan besoekers ‘n onvergeetlike 360° uitsig op die omringende woestynlandskap en berge en is naby aan die Sesriem-hek na die Sossusvlei (Namibië Naukluft Park).

By Sossusvlei Desert Camp gaan gaste tuis in 20 luukse selfsorg safari-tente wat onder knoetserige stokou kameeldoringbome opgeslaan is. Alle eenhede is en suite. Die smaakvol ingerigte selfsorg eenhede weerspieël die kleure van die Namibwoestyn. Die vloere is van koel graniet.

Sossusvlei Desert Camp het alreeds ‘n Silwer Toekenning van Uitnemendheid ontvang en is rolstoel-vriendelik.

Die selfsorg-eenhede by Sossusvlei Desert Camp is ten volle toegerus met ‘n tweeplaat-stoof, kroegyskas, opwasbak, asook braaigeriewe. ‘n Toesluitkombuiskis met eetgerei, breekgoed en kookgereedskap kan by ontvangs gehuur word. Elke eenheid het sy eie parkeerarea met skaduwee.

Jy kan hout by die ontvangsgebied koop, asook maaltydpakke (bestel op die vorige dag voor 6 vm.) Verken die area deur met die staproetes by Sossusvlei Desert Camp te stap. (Hou streng by die roete – jy wil nie graag onverwags met ‘n slang, skerpioen of ander wilde dier gekonfronteer word nie!)

Hierna sal jy dalk in die swembad wil gaan afkoel, of ‘n verfrissende drankie in die kroeg gaan geniet. Die groot trekpleister in hierdie gebied is natuurlik die sandduine van Sossusvlei. Ry op jou eie, of sluit by ‘n begeleide rit vanaf die nabygeleë Sossusvlei Lodge aan. Sossusvlei Lodge bied ook ander aktiwiteite aan, insluitend “quad-biking” en warmlugballonvlugte.

Units at Sossusvlei Desert Lodge
Swimmingpool desert Lodge Sossusvlei
Dessert lodge self-catering units
Desert lodge units  
Twin Room Desert Lodge Sossusvlei Sossusvlei self-catering kitchen
Sossusvlei self-catering bathroom sossusvlei self catering swimmingpool